Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Parlementêre begrotingsdebat: Telekommunikasie, posdienste en kommunikasie – Agterstand met digitale kommunikasie ‘n goeie illustrasie van regering se onbeholpenheid

Suid-Afrika se beplande skuif van analogiese na digitale uitsaaidienste moes in 2011 reeds in werking gestel word. Dit het nooit gebeur nie en die nuwe mikpunt is nou 2020. Dit is ‘n sprekende voorbeeld van die ANC-regering se onbeholpenheid op die gebied van kommunikasie terwyl die land op dié gebied al hoe verder agter die res van die wêreld raak.

Kommunikasie is die sleutel tot alle vorme van sukses. Die belangrikheid van die betrokke departement mag nie geringgeskat word nie. Dit is daarom belangrik dat die onderskeie afdelings van die departemente wat saamgevoeg is om die huidige departement te vorm, behoorlik funksioneer. Dit gebeur tans nie.

Die gebrek aan stabiliteit wat leierskap in die departement aanbetref, het ‘n negatiewe impak gehad op entiteite soos Icasa, die Film- en Publikasieraad, die regering se kommunikasie- en inligtingstelsel (GCIS) en veral op die nasionale uitsaaier, die SABC.

Sedert die inwerkingstelling van die Wet op Elektroniese Kommunikasie sewentien jaar gelede, het niks gebeur nie. Die skuif van analogiese na digitale uitsaaidienste waarmee reeds tien jaar gelede begin is met die sperdatum van 2011, het steeds nie gerealiseer nie. Of die nuwe teikendatum van 2020 wel gehaal gaan word, is te betwyfel.

Suid-Afrika het in dié verband selfs ‘n agterstand op Namibië en Botswana. Hierdie vertraging kos die land reeds meer as R10 miljard en dit is skadelik vir die ekonomie. Boonop is dit arm mense wat die geleentheid van ‘n bekostigbare, digitale diens ontneem word.

Wat die SABC aanbetref, kan die naam Hlaudi Motsoeneng gebruik word as voorbeeld vir die uitsaaier se agteruitgang. Die ANC het Motsoeneng ten alle koste beskerm, nieteenstaande sy rol in die vernietiging van die korporasie en selfs ná sy beweerde betrokkenheid by die diefstal van R631 miljoen van die departement van menslike nedersettings in die Vrystaat.

President Cyril Ramaphosa se droom van ‘n superstad sal nooit kan realiseer te midde van die wanbestuur en korrupsie wat Suid-Afrika al hoe verder agterlaat wat betref digitale kommunikasie nie. Daar kan nie sprake wees van ‘n Vierde Industriële Rewolusie met ‘n byna disfunksionele poskantoor of openbare uitsaaier nie.

Suid-Afrika moet eers dit wat hy het, herstel en laat werk. Skakel korrupsie uit en stel mense op meriete aan. Leer uit die Motsoeneng-ervaring. Luister na kundiges en die welmenende raad van ‘n opposisieparty soos die VF Plus.

Tot dit gebeur sal die president se droom oor Suid-Afrika net ‘n onbereikbare sprokie bly.

Kontaknommers: 082 674 6670 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Ben van der Berg

Welverdiend steeds sonder krag

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit (Carletonville, Fochville, Wedela) sleep steeds voete met die vervanging van ʼn transformator by die Frikkie-substasie in Welverdiend. Dié substasie, wat krag aan

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.