Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Padverkeersoortredingsagtenskap (RTIA) betaal kostes vir hofsaak voor beslagleggingsbevel uitgevoer word

Die Padverkeersoortredingsagentskap (RTIA) het hierdie week inderhaas ‘n bedrag van sowat R1.7 miljoen betaal om te verhinder dat ‘n hofbevel om op sy bates beslag te lê, uitgevoer word, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts sê hy is in besit van dokumente wat daarop dui dat die Noord-Gautengse Hooggeregshof (Pretoria) op 21 Augustus hierdie jaar twee beslagleggingsbevele teen die RTIA uitgereik het.

Dit was vir die kostes aangegaan in die saak en latere appèl tussen RTIA en die applikante Fines4U en Audi Centre.

Fines4U het vroeër vanjaar ‘n waterskeidingsaak in die hooggeregshof teen Aarto gewen. Ingevolge die uitspraak moes Aarto miljoene rande se onwettige verkeersboetes afskryf.

Adv. Alberts sê die aanvanklike versuim van die RTIA om die kostebevel na te kom en eers gewag het tot beslagleggingslasbriewe uitgereik is, is aanduidend van die minagting wat RTIA vir die hofprosesse het, en dié optrede het bloot gelei tot verdere onnodige vermorsing van belastinggeld.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.