fbpx
Vryheidsfront Plus

OVK se stelsels onvoldoende om onwettige kiesers en kandidate te verhoed

Luidens mediaberigte was me. Shiela Senkubuge, lid van die burgermeersterskomitee in die Tshwane-metroraad, in 2016 verkies as proporsionele raadslid vir die Demokratiese Alliansie (DA) alhoewel sy nie ten tye van haar verkiesing ‘n Suid-Afrikaanse burger was nie.

Senkubuge was na bewering nog tot onlangs ‘n Ugandese burger. Nie net is dit teen die Verkiesingswet dat ‘n nie-Suid-Afrikaanse burger op die kiesersrol verskyn nie, maar is dit ook onwettig en ongrondwetlik dat ‘n persoon wat nie ‘n burger is nie verkies word as 'n raadslid.

Die Vryheidsfront Plus verneem dat daar gisteroggend gepoog is om ‘n klag teen Senkubuge by die Garsfontein Polisiestasie aanhangig te maak in verband met verkiesingsbedrog.

Volgens die berigte is daar ook deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) bevestig dat Senkubuge twee identiteitsnommers het wat gebruik is om te registreer as kieser.

Die VF Plus sal in gesprek tree met die OVK om te bevestig hoe dit moontlik is dat ‘n nie-burger toegelaat is om te registreer as kieser en ook om te staan as kandidaat. Indien hierdie bewerings korrek is, is dit baie duidelik dat daar ‘n ernstige leemte in die OVK se stelsel is om te verifieer wie toegelaat mag word as kieser en wie nie.

Verder is dit duidelik dat die OVK se stelsel ook die land faal indien ‘n persoon wat meer as een ID-nommer het meer as een keer op die kiesersrol kan verskyn. Hierdie kan ‘n voorbeeld wees van duisende moontlike ander gevalle waar nie-burgers op die RSA se kiesersrol is en dus toegelaat word om te stem in Suid-Afrikaanse verkiesings.

Die DA het moontlik die wet oortree deur ‘n persoon wat ten tye van die verkiesing nie ‘n Suid-Afrikaanse burger was nie as kandidaat te benoem, as raadslid te aanvaar en verder ook as lid van ‘n burgemeesterskomitee aan te stel. Indien dit waar is plaas dit die DA se kandidaat-keuringsproses onder verdenking.

Indien die bewerings waar is, het die OVK sy plig versuim om die vryheid en regverdigheid van verkiesings te verseker. Die VF Plus sal die saak verder neem en aandring daarop dat die OVK voldoende stelsels in plek stel om soortgelyke gebeure in die toekoms te vermy.

Kontaknommers: 083 627 4397 / 082 674 6670 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.