fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Rustfonteindam se sluise oopgemaak na volgehoue druk van VF Plus

Die VF Plus het gister prokureursbriewe aan die Mangaung-metro en Bloemwater gestuur. Die metro is op terme geplaas en die VF Plus het die partye tot vandag kans gegee om 'n oplossing te vind vir waterkrisis en die sluise van Rustfonteindam oop te maak.

Die metro het vanoggend op die prokureursbrief gereageer en die stadsbestuurder, adv. Tankiso Mea, het later aan VF Plus-raadslid, dr. Elizabeth Snyman-van Deventer bevestig dat Rustfonteindam se sluise oopgemaak word en water na Mockesdam sal vloei.

Die VF Plus het ook self bevestig dat die sluise tans oopgemaak word.

Water behoort teen Sondag die Mockesdam te bereik waarna dit na die Maselspoort-suiweringsaanleg sal vloei. Water moet egter eers binne die netwerk en reservoir vloei en genoegsame water sal teen Dinsdag vir die Noorde van Bloemfontein beskikbaar wees.

Die VF Plus verwelkom die ooreenkoms wat die metro en Bloemwater kon bereik, maar veroordeel die feit dat dit só lank geneem het en dat daar nou 'n tekort aan watertoevoer in die noorde van Bloemfontein verwag word vir die komende naweek.

Die krisis is nou grootliks afgeweer. Die metro faal egter om voldoende te beplan om krisisse vroegtydig af te weer. Inwoners se mees basiese menseregte word gereeld deur die ANC se politiekery en onbevoegdheid geskend.

Kontaknommer: 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.