fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Boere moet hulself rat vir die komende Kerstyd

Die mees onlangse plaasaanvalle op Ventersburg en Bultfontein in die Vrystaat, beklemtoon die noodsaak vir meer effektiewe landelike beveiliging. 

Die onlangse landelike beveiligingsplan wat deur die regering bekendgestel is, moet daadwerklik geïmplementeer word en nie net by lippetaal bly nie.

Die VF Plus veroordeel alle moord en geweld in Suid-Afrika, maar geweld op die landbougemeenskap verál vanweë die weerloosheid van landelike gemeenskappe. 

Dit is betreurenswaardig dat landbouers hul moet bekommer oor hul veiligheid te midde van een van die ergste droogtes wat Suid-Afrika in jare beleef.

Die VF Plus doen ‘n beroep op boere om hulself, hul gesinne en plaaswerkers veral in die komende Kerstyd te beveilig omdat dié soort misdaad in die tydperk toeneem. Boere moet paraat wees en hulself weerbaar maak.

Die VF Plus het nog altyd erns gemaak van plaasaanvalle en beywer hom om volgehoue druk op die regering te plaas om plaasaanvalle as prioriteitsmisdaad te verklaar.  

Die VF Plus wens alle betrokkenes en hul gesinne ‘n spoedige en volkome herstel toe en sal die nodige hulp verleen om te verseker dat die skuldiges opgespoor en vervolg word sodat geregtigheid geskied.

Kontak: 083 743 2042

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Jongste nuus
Marcelle Maritz

Verklaar Warmbad tot rampgebied

Die VF Plus het vandag in ’n skrywe aan die premier van Limpopo, mnr. Stanley Mathabatha, daarop aangedring dat Warmbad en omliggende dele tot rampgebied

LEES MEER

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.