fbpx
Vryheidsfront Plus

Organiseerders moet ‘Thina Sizwe’ by koorkompetisie veroordeel

Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het die organiseerders van die afgelope Internasionale Koorkompetisie in Pretoria versoek om die sing van die struggle-lied, Thina Sizwe, te veroordeel.

In ‘n brief aan verteenwoordigers van Interkultur Suid-Afrika, die stigting wat die kompetisie aangebied het, wys die VF Plus daarop dat die lirieke van die lied, wat sê dat witmense “grond by die swartnasie gesteel het”, kan bydra tot polarisasie oor die grondkwessie in Suid-Afrika.

Interkultur maak daarop aanspraak dat die stigting "gebore is uit die idee om mense van alle lande, kulture en wêreldbeskouings in vreedsame kompetisies saam te bring". Indien die stigting nie die sing van Thina Sizwe veroordeel nie, slaag Interkultur en die kompetisie nie in hierdie doel nie, aangesien dit blatant vooroordele en stereotipes oor witmense verkondig.

Dit druis in teen onder meer die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Konvensie van 1965 oor die uitwissing van alle vorme van rassediskriminasie.

Mediaberigte dui ook daarop dat sommige deelnemers aan die massakoor nie gemaklik was met die sing van die lied nie en geweier het om dit te sing. Die vertaling van die woorde is glo ook nie dadelik aan koorlede beskikbaar gestel nie.

Die Grondwet van Suid-Afrika maak voorsiening vir en beskerm vryheid van spraak, maar dit kan nie toegelaat word dat witmense met ‘n eensydige interpretasie van ‘n komplekse Suid-Afrikaanse geskiedenis as sondebokke uitgemaak word nie.

Die regering se proses om grond sonder vergoeding te onteien is voorafgegaan deur soortgelyke politieke uitsprake wat die klimaat geskep het waarin witmense voorgehou word as die oorsaak van die ANC se mislukkings.

Uitsprake oor grond het reeds gelei tot die onwettige besetting van grond, ‘n toename in plaasaanvalle en subtiele waarskuwings van geweld teen eienaars wat nie hul eiendom sal opgee nie. Wanneer ‘n massakoor by ‘n internasionale kompetisie ‘n lied soos Thina Sizwe sing, dra dit verder by tot rassespanning in Suid-Afrika.

Interkultur sal onverantwoordelik optree deur nie die lied se rassepolarisasie te veroordeel nie.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 081 346 3328 / 082 674 6670

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.