fbpx
Vryheidsfront Plus

Optrede teen Iqbal Survé-maatskappye moet dringend kom om verdere stroping van staatsdiens se pensioenfonds te keer

Terwyl daar groot vrae hang oor Vrydag se beoogde notering van ‘n nuwe mediamaatskapppy wat straks deels moontlik gemaak kan word met geld van die staatsdienspensioenfonds (SDPF), raak dit al hoe duideliker dat die SDPF se geld in ‘n velerlei bedenklike transaksies gestroop word.

Die nuwe mediagroep Sagarmatha Technologies, word hoofsaaklik besit deur ‘n familietrust van Iqbal Survé, die uitvoerende voorsitter van Independent Media.

Die SDPF hou reeds deur die Openbare Beleggingskorporasie (OBK), wat die fonds bestuur, ‘n aandeel van 25% in Independant Media. Luidens mediaberigte in Business Day is Independant Media in ‘n geldelike verknorsing en hoop word geplaas op die verkope van aandele vir Sagarmatha Technologies nadat die maatskappy komende Vrydag op die Johannesburgse aandelebeurs genoteer is, om hom te red. Dit blyk dat Independent Media deel van Sagarmatha Technologies sal word en sodoende befonds sal word deur die nuwe genoteerde maatskappy.

Daar is egter ‘n probleem met die notering aangesien Sagarmatha Technologies volgens berigte tegnies insolvent is en dus eers privaat befondsing moet ontvang voordat dit voldoen aan die vereistes van die Wet op Finansiele Markte. Die maatskappy sal moet bewys dat dit gekapitaliseer is met minimum R500 miljoen en dit is goed moontlik dat die OBK weer versoek is om in hierdie konteks in nog ‘n Iqbal Survé-avontuur te belê.

Die VF Plus het daarom vandag ‘n skrywe gerig aan mnr. Deon Botha, die OBK se korporatiewe hoof, waarin hy gevra word of die OBK wel sodanige aandele gaan aankoop. Tot met die uitreiking van hierdie verklaring is nog geen antwoord ontvang nie.

Indien die OBK wel van plan is om aandele in Sagarmata Technologies te bekom, sal die VF Plus die SDPF-pensioenarisse adviseer om onmiddellik ‘n interdik teen die transaksie te bring.

Hier volg enkele voorbeelde wat dui op die bedenklike wyse waarop die staatsamptenare se pensioengeld oor die laaste paar jaar misbruik is: (Die fonds, met ‘n bate van R1,87 triljoen, is die grootste belegger in die land se ekonomie en is daarom ‘n baie aanloklike teiken vir misbruik).

Uit voorafgaande is dit duidelik dat vele beleggings nie om gesonde sakeredes gedoen is nie, en die VF Plus sal voortgaan om gesprek met die OBK-bestuur te voer, en sal aanhou om parlementêre druk op die minister uit te oefen om die staatsdienspensioenfonds onder die pensioenfonds-beregter se jurisdiksie en beskerming te plaas.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.