fbpx
Vryheidsfront Plus

Openbare Beskermer moet ondersoek instel na bewerings van politieke inmenging by Krieket Suid-Afrika

DIE VF Plus gaan die Openbare Beskermer (OB) vra om politieke inmenging by Krieket Suid-Afrika (KSA) te ondersoek nadat Mike Horn, die span se amptelike motiveerder, bevestig het dat inmenging wel die spankeuse beïnvloed het, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor sport.

Adv. Alberts sê na die aantygings teen Haroon Lorgat, uitvoerende hoof van Krieket Suid-Afrika (KSA), is so sterk gelaai dat dit nie langer as leuens afgemaak kan word nie.

Hy sê dit is moontlik dat Lorgat en Russel Domingo, die Protea-afrigter, sowel as die spelers, uit vrees vir hul loopbane nie bereid is om oop kaarte oor die aangeleentheid te speel nie.

“Dit is egter in belang van sport in sy geheel in Suid-Afrika dat die waarheid hieroor moet uitkom. KSA is lid van die SA Sportkonfederasie en Olimpiese Komitee (Sascoc) wat staatsfondse ontvang om optimale sportdeelname te verseker.

“Suid-Afrika se sportminister het vandag luidens mediaberigte gesê die kies van spanne is in die hande van die afrigter en sy bestuurspan. Dit is hoe dit moet wees aangesien slegs meriete die bepalende faktor kan wees by die kies van spanne op internasionale vlak.

“Aangesien al die betrokkenes nou swyg, sal die OB moet ingryp om agter die waarheid te kom. Indien iemand hieroor gejok het, sal daar streng teen die persoon of persone opgetree moet word,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.