fbpx
Vryheidsfront Plus

Onrus volg onrusbarende patroon in Wes-Kaap

Gewelddadige protesaksies wat voorheen ‘n haas onbekende verskynsel in die Wes-Kaap was, het vanjaar skielik ook in dié provinsie opgevlam en is besig om toenemend die bestaande orde van die Wes-Kaap se tradisionele wit en bruin gemeenskappe te ontwrig.

Die andersins vreedsame Weskusdorp Vredenburg is vandag geruk deur hewige protesaksies waar die hooftoegangsroete na die dorp versper is en selfs die polisiekantoor aangeval en met klippe bestook is. Een polisieman is beseer.

Bekommerde ouers het in sommige gevalle hul kinders by die skole gaan haal en skole het teen laatoggend die moontlikheid oorweeg om te sluit vir die duur van die protesaksie.

Dit wil voorkom asof dieselfde patroon op dié dorp gevolg is as wat vanjaar in verskeie voorvalle elders in die provinsie plaasgevind het.

Mense wat mense wat oënskynlik tradisioneel buite die gebied én provinsie woon, vestig hulle in ‘n kort tydperk op ‘n bepaalde plek en begin kort daarna in ‘n duidelik georkestreerde aksie aandring op behuising en dienste.

In soortgelyke voorvalle in onder meer Mitchellsplein en Hermanus vroeër vanjaar het dit geblyk dat vakbonde en politieke partye soos die ANC en EFF ‘n groot dryfveer agter die opstande was.

Dieselfde lot het gemeenskappe by Philippi, Westlake, Parkwood, Dunoon, Riebeek-Wes en Riebeek-Kasteel getref terwyl daar selfs in die Bo-Kaap ook enkele voorvalle van gewelddadige protesaksies was.

Presies wat die rede vir die onrus in Vredenburg is, is nog onduidelik, maar in die ander gevalle was dit meestal onwettige grondbesettings wat oorgegaan het in gewelddadige protesaksies sodra die polisie ingegryp het.

Soos vandag in Vredenburg is ‘n gemene faktor ook die hoë mate van geweld wat met die aksies gepaard gegaan het.

Die instroming van mense is besig om ‘n behuisingsnood in die Wes-Kaap te veroorsaak in gebiede waar daar voorheen nie ‘n behuisingsnood was nie en die DA-regering nie in staat is om die situasie te beheer nie.

Die VF Plus sal hande vat met hierdie gemeenskappe om saam seker te maak wet en orde word gehandhaaf in die belange van die wetsgehoorsame mense in die gemeenskappe word eerste gestel.

 

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.