fbpx
Vryheidsfront Plus

Onbevoegde polisiediens laat misdaad styg

Die groot toename in misdaad in Gauteng kan deels toegeskryf word aan die ekonomiese druk en die polisiediens se onbevoedheid om misdaad te bekamp.

Die VF Plus het reeds by verskeie geleenthede die provinsiale kommissaris, lt.genl. Elias Mawela, gewaarsku dat misdaad sal aanhou styg as daar nie aandag gegee word aan ‘n behoorlike begroting wat voorsiening maak vir genoeg toerusting, voertuie en behoorlike opleiding nie.

Van Julie tot September vanjaar het die moordsyfer met 19.4% toegeneem vanaf 1 320 tot 1 579 in die ooreenstemmende tydperk verlede jaar.

Poging tot moord het met 28% vanaf 1 228 tot 1 575 gestyg. In die geval van moord is tydens 768 van die gevalle ‘n vuurwapen gebruik, in 162 gevalle ‘n mes en in 29 gevalle ‘n klip.

Swaarvoertuig-kapings het met 32.4% vanaf 253 tot 335 gestyg terwyl diefstal uit voertuie met 18.5% vanaf 4 395 tot 5 210 gestyg het. Winkeldiefstal styg met 30.9% vanaf 3 227 tot 4 223.

Dit is ook onrusbarend dat die top 40 polisiekantore in Gauteng almal ‘n toename in die aantal aangemelde sake gedurende Julie tot September gehad het.

Die Honeydew-polisiekantoor het 613 nuwe sake in drie maande aangemeld.

Seksuele misdrywe teenoor vroue en kinders het met 90.2% toegeneem van 1 698 tot 3 230 en verkragting van vroue met 111.9% vanaf 1 372 tot 2 907. Moord op kinders het met 30% van 30 na 39 gestyg.

In September vanjaar was daar ‘n toename in gesinsgeweld wat die syfer vanaf Julie tot September op 9 270 te staan bring.

Die VF Plus kan dit nie genoeg beklemtoon dat indien die Gautengse polisiediens nie daadwerklik optree om misdaad te bekamp nie, die syfer oor die feestyd skerp gaan styg.

Gauteng se inwoners kan nie langer met onbevoegde polisiediens saamlewe waar niemand se lewe veilig is nie

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.