Die nuus van die voorgestelde aanstelling van mnr. Timothy (Tim) Matshankutu Maake as die nuwe munisipale bestuurder by die Emfuleni-munisipaliteit, is met skok en teleurstelling deur die Vryheidsfront Plus begroet, sê Gerda Senekal, VF Plus-raadslid, in Emfuleni.
Mnr. Maake het hoofopskrifte gehaal toe bewerings van bedrog en korrupsie wat meer as R200 miljoen behels, teen hom gemaak is.
Hy is op 29 Januarie 2015 geskors en tydens sy dissiplinêre proses het die Mopani-distriksraad (Tzaneen en ander dorpe in Limpopo) volgehoue negatiewe ouditmenings opgemerk en dat die algemene finansiële bestuur van die munisipaliteit nie in ooreenstemming was met die wet nie en verder dat die onderprestasie van die instelling onrusbarende afmetings bereik het.
• Die ondersoek wat na sy optrede gedoen is, het gefokus op die artikel van die Bulletin-koerant.
• Hy is skuldig bevind aan 18 aanklagte wat wissel van growwe nalatigheid, growwe wangedrag en pligsversuim en growwe oneerlikheid wat voortspruit uit die oortreding van verskeie artikels van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur en die Munisipale Voorsieningskanaalbestuurswet. Hy is toe ontslaan.
"Emfuleni-munisipaliteit kan reeds onder administrasie geplaas word. Die feit dat die ANC voorgestel het dat mnr. Maake aangestel word, is 'n duidelike teken dat hulle nie ernstig is om die finansiële toestand van Emfuleni te verbeter nie.
"Hulle beplan nie om korrupsie te bekamp nie. Die ANC en DA (wat deel uitmaak van die onderhoudspaneel), het mnr. Maake as 'n geskikte kandidaat vir die pos van die munisipale bestuurder bevind, hoewel hy deur die Mopani-distriksmunisipaliteit afgedank is.
“Daarom sal die Vryheidsfront Plus die nodige regsadvies inwin om teen die aanstelling van mnr. Maake op te tree,” het Gerda Senekal gesê.
076 616 2124