fbpx
Vryheidsfront Plus

Onbeveiligde sinkgate in Khutsong skep ‘n gevaar vir skoolkinders en inwoners

Die gevare van sinkgate sonder omheinings naby skole in Khutsong, is ‘n bron van kommer en die VF Plus sal toesien dat dit dringend aandag geniet.

Die reuse sinkgat waarvan die omheining verwyder is, is langs die Hlangabesa-skool geleë. ‘n Tweede sinkgat is naby die Badarile-skool. Daar is ook sinkgate in die Thomsama- en Natswaneng-gebied in Khutsong. (Meegaande foto is verskaf.)

Om sake verder te kompliseer is skole in dié woongebied sonder elektrisiteit. Skole het aangedui dat hulle gereed is om die skooljaar te hervat, maar kragprobleme kan die terugkeer van leerlinge kortwiek.

Die Merafong-plaaslike munisipaliteit het op 28 Februarie ‘n besluit goedgekeur om die sinkgate te vul waarna die omheinings verwyder is. Die munisipaliteit het egter later aangedui daar is nie fondse om die gate te vul en te rehabiliteer nie.

Volgens die munisipale raad gaan hy by myne aanklop om hulp om sinkgate te vul en om te help met riool- en waterprobleme in die gebied. Die reuse infrastruktuurprobleme wat tans in Merafong-munisipaliteit bestaan, dui op wanbestuur van die munisipaliteit.

Die VF Plus sal volhou om druk op die munisipaliteit te plaas om basiese dienste aan inwoners te lewer.

Kontaknommer: 082 671 2302

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.