Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Onaanvaarbaar dat gestremde VF Plus-raadslid met trappe op en af gedra moet word na raadsaal

ʼn Gestremde VF Plus-raadslid in die Rand West-plaaslike munisipaliteit (Randfontein, Westonaria) moes vandag weereens teen ʼn stel trappe opgedra word om ʼn raadsvergadering by te woon.

Die hysbak in die gebou is al vir die afgelope drie maande buite werking.

Dit is nie die eerste keer dat dié hysbak so lank buite werking is nie. Meer as twee jaar gelede was dit vir meer as vyf maande buite werking en moes mede-raadslede of ʼn sekuriteitswag die VF Plus-raadslid en ander mense met gebreke bystaan.

Die party het al verskeie kere die munisipale bestuurder, Thabo Ndlovu, en die speaker, Selina Moumakwe, gevra om ʼn permanente oplossing vir die probleem te vind.

Die verskoning dat die munisipaliteit wag op onderdele om die hysbak te herstel, hou nie meer water nie.

Dit is onwaarskynlik dat die munisipaliteit nie binne drie maande die nodige onderdele kon aankoop nie en indien dit nie geredelik beskikbaar is nie, moet die hysbak eerder vervang word.

Die VF Plus se Gautengse wetgewerlid, Jaco Mulder, het die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Jacob Mamabolo, ook versoek om dringend aandag aan die saak te gee.

Mense met gestremde persone het dieselfde regte as ander mense, insluitend toegang tot publieke ruimtes, gelyke behandeling en respek vir hul menswaardigheid.

Tans vertrap die Rand West-munisipaliteit hierdie regte en dit kan nie langer geduld word nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.