fbpx
Vryheidsfront Plus

Omgewing ly onder mynbedrywighede in Suid-Afrika

Byna 40% van alle myne in Suid-Afrika voldoen nie aan hul eie omgewingsbestuursplanne nie tot groot nadeel van omgewingsbewaring in die land.

Dit blyk uit ʼn antwoord op ʼn parlementêre vraag van die VF Plus aan die minister van minerale bronne oor mynbedrywighede in Suid-Afrika.

Luidens die antwoord is daar tans altesame 778 mynbedrywighede in die Suid-Afrika waarvan 290 nie aan hul eie planne vir omgewingsbestuur voldoen nie. Die VF Plus sal in ʼn opvolgvraag aan die minister vra watter optrede daar teen maatskappye is wat die wetlike voorskrifte in dié verband verontagsaam.

Uit ʼn onlangse mediaberig in die Daily Maverick (6 Februarie 2019) blyk dit ook dat oortreders wat groot skade aan die omgewing aanrig, net liggies oor die vingers getik word.

Die berig lui dat die Australiese maatskappy Mineral Sands Resources (MSR) wat mineraalontginning op strandgebied naby Lutzville aan die Weskus doen, etlike oortredings begaan het wat groot skade aan die omgewing aangerig het, soos onder meer die bou van ʼn onwettige slikdam van 2,2 hektaar.

Die maatskappy is met R1,2 miljoen beboet wat volgens omgewingswaarnemers heeltemal ontoereikend is en hoegenaamd nie dien as afskrikmiddel nie.

Dit is belangrik dat die departement veel strenger teen oortreders optree aangesien die omgewing en biodiversiteit onvervangbaar is.

Uit die minister se antwoord blyk dit dat altesame 1 172 aansoeke om prospekteerregte en 182 mynbou-aansoeke tans vir goedkeuring verwerk word. Dit is verblydend vir die land se ekonomie as mynbou gesond is, maar dit kan nie gebeur ten koste van die omgewing nie.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.