fbpx
Vryheidsfront Plus

OG-verslag vir Fetakgomo-Tubatse bewys ANC is nie in staat om te regeer

Die ouditeur-generaal (OG) het vir die Fetakgomo Tubatse-plaaslike munisipaliteit (Burgersfort, Steelpoort) ’n gekwalifiseerde ouditmening gegee.

Die bevindinge in die OG-verslag wys dat ANC nie in staat is om verantwoordelik te regeer nie.

Dit blyk duidelik uit die verslag dat die ANC-beheerde munisipaliteit belastingbetalersgeld wanaanwend en nie bereid is om verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar nie.

Van die OG se bevindings was:

• Onttrekkings uit die munisipale bankrekening en vrugtelose uitgawes het gelei tot ‘n wanbesteding van R9 751 760.

• R33 795 069 se toelaes is onderbestee weens hofsake oor projekte.

• Materiële verliese van R23 595 651 is gely weens wanbetalings aan handelsdebiteure.

• Onreëlmatige uitgawes het R25 381 221 beloop.

• Die munisipaliteit se ongemagtigde VBS-belegging het gelei tot ’n verlies van R 245 146 632. Tot dusver is slegs R16 100 000 teruggekry.

In 2018 het die raad besluit dat die gelde van die betrokke amptenare verhaal moet word wat bedank het ná die skandaal, maar tot dusver het daar niks gebeur nie.

Hierdie verlore fondse sou dienslewering en infrastruktuurinstandhouding en -vervanging ‘n goeie hupstoot gegee het.

Die VF Plus dring aan daarop dat dié verantwoordelik vir die verkwisting en wanaanwending van belastingbetalers geld tot verantwoording geroep en strafregtelik aangekla word.

Die VF Plus sal aanhou om sy waghondfunksie in die munisipaliteit te verrig tot voordeel van die inwoners.

Die inwoners van Burgersfort en Steelpoort verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.