Die VF Plus kan nie instem dat die munisipale bestuurder van die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit, Dithabe Nkoane, ‘n dag langer in dié sleutelpos aanbly nie. Hy word tans vir verskeie onreëlmatighede ondersoek en die VF Plus is daarom gekant teen die verlenging van sy kontrak.
Noane se kontrak het aan die einde van September vanjaar tot ‘n einde gekom waarna die munisipale raad moes besluit of daar ‘n verlenging van drie maande moet plaasvind. In hierdie geval kan ‘n kontrakverlenging die deur open vir verdere ongerymdhede en die raad kan dit nie toelaat nie.
Die munisipaliteit kan intussen, terwyl daar op ‘n nuwe aanstelling gewag word, ‘n tydelike persoon aanstel wat kan bydra tot die omkeer van die huidige swak finansiële situasie waarin Emfuleni verkeer.
Kontaknommer: 083 263 9590


