Probleme met toegang by grensposte en poreuse grense in Mpumalanga kan die effektiwiteit van die nasionale korona-inperking in die wiele ry indien omstandighede en veiligheid by die grense en grensposte nie verbeter nie.
Die poreuse grense tussen Mpumalanga, Mosambiek en Swaziland, skep nie net 'n bedreiging vir nasionale veiligheid wat misdaad aanbetref nie, maar skep ook ‘n risiko dat Covid-19-besmetting opnuut kan uitbreek na die inperkingsperiode en na die res van die land kan versprei.
Volgens die VF Plus se inligting het groot getalle buitelandse burgers Suid-Afrika onwettig verlaat met die aanvang van die inperkingstydperk en die vrees bestaan dat hulle weer sal terugstroom na die verstryking daarvan.
Die VF Plus sal skakel met die minister van binnelandse sake, Aaron Motsoaledi, om daarop aan te dring dat hy die nodige stappe in plek sit voor die verstryking van die 21 dae-inperkingstyd om die onwettige instroming vanaf buurlande oor die grens te stuit.
Die VF Plus sal die situasie deeglik monitor om seker te maak toegang by die grense word streng beheer.
Kontaknommers: 082 466 3786 / 062 391 1804