Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mogale City-burgemeester verskaf antwoorde oor foutiewe munisipale rekeninge

Die burgemeester van die Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift), Lucky Sele, het in sy antwoord op ʼn dringende skrywe van die VF Plus beloof om die 1 450 foutiewe munisipale rekeninge teen einde Februarie reg te stel.

Indien dit nie moontlik is nie, het hy die VF Plus se versoek toegestaan dat inwoners se dienste nie opgeskort sal word alvorens al die rekeningfoute opgelos is nie.

Inwoners het die VF Plus die afgelope maande oorval met klagtes oor foutiewe water- en kragrekeninge. Sommige inwoners het ʼn kragrekening van R63 000 en ʼn waterreking van R22 000 ontvang.

Die munisipaliteit het die diensverskaffer Munsoft aangestel om die aktivering van nuwe meters en die deaktivering van ou meters te outomatiseer.

Dit sal die omkeertyd vir die opdatering van munisipale rekeninge en menslike foute drasties verminder.

Die VF Plus sal die situasie dophou en aanhou om druk op die munisipaliteit te plaas om foutiewe rekeninge reg te stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.