fbpx
Vryheidsfront Plus

Mkhize moet proses rondom aanstelling verduidelik

Die VF Plus gaan die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, vra om duidelikheid te gee oor die aanstelling van sy niggie, Sibusisiwe Ngubane Zulu, as sy personeelhoof.

Die VF Plus wil graag weet waar die betrokke pos geadverteer is, hoeveel kandidate vir die pos aansoek gedoen het, met hoeveel kandidate daar onderhoude gevoer is en hoe daar besluit is om sy niggie in die pos aan te stel.

Die VF Plus is bekommerd oor Zulu se aanstelling aangesien sy van korrupsie beskuldig is tydens haar ampstermyn by die Openbare Beleggingskorporasie (OBK).

Dit wil vir die VF Plus blyk of hierdie maar nog een van die vele aanstellings is waar mense wat van ongerymdhede beskuldig word op een plek, bedank om vervolging vry te spring om net weer in ‘n ander pos aangestel te word. Die hele gebeure rondom Zulu by die OBK is nie bekend nie en daar moet duidelikheid gegee word oor waarom sy haar pos, soos dit in die media beskryf word, onder 'n wolk van omstredenheid verlaat het.

Alhoewel Zulu blykbaar geen strafregtelike klag in die gesig staar nie, wil die VF Plus weet waarom daar bespiegel word dat sy moontlik tog invloed kon uitoefen op die implementering van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Mkhize moet eerlik wees oor die aanstelling van Zulu en daarom sal die VF Plus nie skroom om die nodige stappe te neem indien dit blyk dat die aanstellingsprosedures nie korrek gehanteer is nie.

Kontaknommer: 060 556 4347

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.