Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Mislukte Gauteng-regering bied geen beskerming aan sy inwoners

Die Gautengse regering het reeds sy inwoners gefaal terwyl die plaasmoord-tog in die provinsie voortduur met twee bejaarde egpare wat Sondag in afsonderlike voorvalle op hul plase vermoor is.

‘n Bejaarde egpaar is Sondag op hul plaas in die Orange Farm-gebied in die Vaaldriehoek vermoor en met steekwonde in hul huis aangetref terwyl die 78 jarige Fanie en 74 jarige Colleen Engelbrecht van die plaas Welgevonden naby Westonaria onderskeidelik keelaf gesny en met ‘n strykysterkoord verwurg is. In beide gevalle het die rowers onder meer vuurwapens, kontant en huisraad gebuit.

Na talle gesprekke en beloftes deur die Gautengse premier, mnr. David Makhura, en die provinsiale LUR vir gemeenskapsveiligheid, me. Sizakele Nkosi-Malobane, is die publiek se geduld vinnig besig om ‘n versadigingspunt te bereik. Die polisie se jarelange gebrek aan misdaadintelligensie en populistiese uitsprake deur ANC- en EFF-politici skep die klimaat vir burgerlike ongehoorsaamheid.

Dit is tyd dat die ANC-regering tydens die 2019-verkiesing uit die kussings gelig word en vervang word met ‘n veelparty-koalisie .Die VF Plus doen intussen ‘n beroep op die inwoners van Gauteng om by hul plaaslike beveiligingsaksies betrokke te raak.

Kontaknommers: 082 466 3786/ 062 391 1804

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.