fbpx
Vryheidsfront Plus

Groen Skerpioene dreig Emfuleni-plaaslike munisipaliteit met hof oor onwettige stortingsterrein

Die VF Plus verwelkom die optrede van die Groen Skerpioene om die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) te dwing om die onwettige stortingsterrein langs die ou Potchefstroompad in Vanderbijlpark te verwyder.

Inwoners van die Stephanopark-hoewes kla al jare lank by die stadsraad om in te tree sodat onwettige stortings langs Olga Kirchstraat stop. Vullis word aan die brand gesteek, bees karkasse word daar afgelaai en riool dam op. (Foto’s meegaande)

Die VF Plus is ‘n paar maande gelede genader om in te gryp omdat die Emfuleni-munisipaliteit nie na hul klagtes wou luister nie. Na verskeie vergaderings het die Gautengse departement van omgewingsake en landelike ontwikkeling ingestem om betrokke te raak.

Dit is jammer dat die Groen Skerpioene so ver moet gaan om die Emfuleni-munisipaliteit met ‘n hofgeding te dreig. Vyf klagtes is reeds by die Groen Skerpioene ingedien (verwysing nommer COO201/2017).

Indien die raad in ‘n hofgeding betrokke raak, is dit weer die belastingbetalers wat moet opdok. In plaas van om geld te mors op litigasie moet die munisipaliteit daadwerklik optree en mense vervolg wat onwettig daar stort en sorg dat die terrein skoongemaak word.

Kontaknommer: 076 616 2124

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.