fbpx
Vryheidsfront Plus
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat: Departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming – ANC-regering mislei mense oor grondhervorming

Die staat beskik oor genoeg grond vir herverdeling en is oneerlik met die mense van Suid-Afrika as hy sê onteiening sonder vergoeding is nodig om die proses van grondhervorming moontlik te maak.

Die mense van Suid-Afrika moet ook kennis neem van die minister se uitsprake oor onteiening sonder vergoeding. Sy regverdig die onwettige besitneming van grond wat lynreg staan teenoor president Cyril Ramaphosa wat sê dit sal nie toegelaat word nie.

Die minister se bewering dat grondpryse opgeblase is, is ook verkeerd. Dit dien terselfdertyd as bewys dat swartmense nie werklik in grond belang stel nie, maar wel in die geld wat deur die proses ontsluit is.

Die regering het in die parlement erken dat in 93% van gevalle waar grondeise toegestaan is, die begunstigdes verkies het om eerder geld te neem, en nie die grond nie

Waar die staat byvoorbeeld R5 miljoen vir ‘n plaas betaal, moet hy ‘n verdere R5 miljoen aan die eiser gee wat nie die grond wil hê nie. Dit beteken dat R10 miljoen van belastingbetalersgeld eindelik vir die grond betaal word wat net R5 miljoen werd is. Dit is opgeblase, maar is gewis nie die verkoper se skuld nie.

Die regering mislei die mense van Suid-Afrika verder deur te sê onteiening sonder vergoeding sal grondhervorming bespoedig. Die waarheid is dat die staat erken hy besit tans vierduisend plase. Waarom word hierdie plase nie eerste aan die mense gegee nie?

Met die eerste restitusie-proses wat in 1998 gesluit het, is 80 000 eise ingedien. Dit is nou twintig jaar later en van hierdie eise is steeds nie afgehandel nie.

Daarbenewens het die staat erken hy besit 17 miljoen hektaar grond in Suid-Afrika. Waarom gee die staat nie hierdie grond, buiten die vierduisend plase in sy besit, vir die mense wat grond wil hê nie?

Die regering het ook erken dat 90% van vorige herverdelingsprogramme misluk het. Hierdie plase, wat reeds in die staat se besit is, kan ook gebruik word.

Teen hierdie agtergrond en feite is dit duidelik die ANC-regering misbruik die gevoelens van die mense om sy eie onbevoegdheid te verdoesel. Hy mislei die mense deur te sê onteiening sonder vergoeding sal die proses om grond te verdeel, bespoedig.

 

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.