fbpx
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat in die parlement: Departement van beplanning, monitering en evaluering (minister in die presidensie) oorbodig en faal aangesien 93% van munisipaliteite disfunksioneel is

Opposisiepartye is dit eens dat daar nie meer ‘n behoefte is aan die departement van beplanning, monitering en evaluering nie.

Een van die departement se funksies is die monitering van dienslewering van nasionale en provinsiale regeringsdepartemente en munisipaliteite. Dit is bekend dat 93% van ons munisipaliteite disfunksioneel of in groot moeilikheid is en dringend hulp benodig.

Dit beteken dat slegs 7% van die land se munisipaliteite funksioneel is wat die vraag laat ontstaan hoe daar enigsins nog dienste gelewer kan word. Daaglikse diensleweringsbetogings dien as bewys hiervan. Wat is die doel daarvan om iets wat nie meer funksioneel is nie te monitor en te evalueer?

Die departement is in 2012 gestig as ‘n direkte uitvloeisel van die Nasionale Ontwikkelingsplan (NOP) met die uitsluitlike doel om die NOP uit te rol. Na ses jaar is die VF Plus nie daarvan oortuig dat die regering of die departement nog erns het met die NOP nie.

Dit blyk wel dat president Cyril Ramaphosa ernstig is oor die plan. Daar is na ses jaar sekerlik al genoeg beplanning gedoen. Daardie faset van die departement is daarom seer sekerlik nie meer nodig nie. Die NOP is beskikbaar.

Die rol van die departement moet oorskakel na implementering sodat iemand met die nodige ondervinding en kundigheid leiding kan neem aangesien dit nie by die onderskeie departemente gebeur nie. Oral is mislukkings. ‘n Derde van die tyd wat in die vooruitsig gestel is om die NOP in werking te stel, het reeds verstryk.

Suid-Afrika kon ‘n veel beter plek vir al sy inwoners gewees het as beleid en planne soos die NOP korrek en betyds in werking gestel en uitgevoer is en as die staat se koffers nie in die afgelope 24 jaar geplunder is nie.

Die departement moet verander na een met ‘n uitvoeringsfunksie. Indien dit gedoen word en alle rolspelers soos die kommissarisse van die NOP betrek word, sal dit net tot voordeel van Suid-Afrika strek.

Kontaknommers: 083 626 1497 / 065 801 7216

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.