Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Begrotingsposdebat: Departement van Ekonomiese ontwikkeling: Suid-Afrika op die rand van mislukte staat

Die VF Plus stem saam met die direkteur-generaal van tesourie, mnr. Dondo Mogojane, wat sê Suid-Afrika is nog nie ‘n mislukte staat nie, maar dat die land snel op pad daarheen is indien staatskaping nie onmiddellik die nek ingeslaan word nie.

Ekonomiese groei word verder bemoeilik deur die onnodige fragmentering van departemente en dit sou net tot die land se voordeel wees indien departemente soos handel en nywerheid, kleinsake ontwikkeling en selfs finansies en energie in een departement saamgevoeg sou word om kohesie te bevorder.

Soos dit tans is, veroorsaak te veel entiteite onnodige rompslomp en administratiewe drukgange wat die land se sukkelende ekonomie nouliks kan bekostig. Suid-Afrika se ekonomie is in die moeilikheid en drastiese en rasionele stappe sal geneem word om dit reg te stel.

Mnr. Mogojane se siening oor staatskaping en die moontlikheid van ‘n mislukte staat is dapper en eerlik. Dit is ook ‘n goeie vertrekpunt na ekonomiese herstel.

Teen hierdie agtergrond moet die minister en sy departement aan die volgende sake aandag gee:

• Bewese werkbare beleid van Europese lande, Amerika, Suid-Korea en Singapoer moet toegepas word. Genoeg bloed het in die geskiedenis gevloei om ons te leer dat die vryemark-stelsel die beste vermoë het om armoede uit te wis, in teenstelling met ‘n beleid van herverspreiding van rykdom wat almal ewe arm maak.

• Die Industriële Ontwikkelingskorporasie (IOK) mag nie ter wille van Swart Ekonomiese Bemagtiging (SEB) geld mors deur te belê by maatskappye wat betrokke is by staatskaping nie. Voorbeelde is te vind by onreëlmatige transaksie rondom Capitec-aandele en die finansiering van die Shiva-uraanmyn vir die Guptas.

• Wat die wysigings op die Mededingingswet aanbetref, moet die minister sekerheid aan die private sektor gee watter bedrywe en maatskappye geoormerk word om opgebreek te word in kleiner eenhede. Die sakewêreld het sekerheid meer as enige iets nodig en die oordeelkundige toepassing van die nuwe magte is van kardinale belang om die ekonomie te beskerm.

• Die belangrikste is dat die minister en sy departement moet verduidelik oor die ekonomiese impak van onteiening sonder vergoeding. Dit het die land se internasionale beeld reeds skade berokken en sal beleggers afskrik. Daar kan bloot nie ekonomiese ontwikkeling wees as daar nie sekerheid oor eiendomsreg is nie

Suid-Afrika se ekonomiese situasie is van so ‘n aard dat die land nie net gewone politici kan hê nie, maar politieke entrepreneurs wat verstaan hoe om groei te bewerkstellig.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.