fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister van gesondheid moet aanduiding gee oor toestand van hospitale

Die minister van gesondheid, Zweli Mkhize, sal dringend ‘n aanduiding moet gee hoe hy en sy ministerie die haglike toestande van staatshospitale gaan regruk en watter planne hy in werking gaan stel om die departement van gesondheid uit die moeras van korrupsie en uiterse swak dienslewering te red.

Die VF Plus wil ook weet wat die minister gaan doen om amptenare aan die pen te laat ry wat nie na pasiënte kan omsien nie en hulle selfs aanrand in hospitale. Die afgelope tyd is wyd berig van ‘n pasiënt in die Mamelodi-Hospitaal in Pretoria wat met kettings aan ‘n bank vasgemaak was.

Die VF Plus is die afgelope tyd besig met ondersoeke rakende sterftes in staatshospitale en die vreemde omstandighede waarin dit plaasgevind het. Die VF Plus sal hierdie inligting aan die nuwe minister oorhandig sodat ‘n volledige hoëvlak-ondersoek gedoen kan word.

Die VF Plus wil ook toesien dat korrupte amptenare wat verantwoordelik was vir die ineenstorting van die Gautengse gesondheidsdepartement, aangekla en verhoor moet word. Een van hierdie persone is ‘n baie senior voormalige ANC-amptenaar in die Gautengse wetgewer wat glo R1.2 miljard verduister het.

Die VF Plus is in besit van ‘n verslag van die spesiale ondersoek eenheid wat aangedui het dat die persoon aangekla moet word van diefstal en korrupsie. Gauteng se premier, David Makhura, het nie teen die persoon opgetree nie.

Qedani Mahlangu, voormalige LUR van gesondheid in Gauteng, wat verantwoordelik was vir die Esidimeni-tragedie moet ook deur die ministerie aangekla word. Mahlangu het na afloop van die tragedie in Engeland probeer skuil, maar is terug gebring na Suid-Afrika om in die Esidimeni-verhoor te getuig. Nie een van die twee genoemde persone is aangekla of verhoor nie.

Staatshospitale in Suid-Afrika verkeer in die meeste provinsies in haglike toestande en dienslewering by hierdie hospitale ontbreek en bestaan nie. Dit plaas groot druk op verpleegpersoneel en dokters wat met min toerusting en medisyne moet klaar kom om te probeer red wat daar nog te redde is.

Die VF Plus sal nie rus alvorens die haglike toestande in hospitale in die land namens alle landsburgers omgedraai en reggestel word nie.

 

Kontakbesonderhede: 060 556 4347

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.