fbpx
Vryheidsfront Plus

Minister moet oop kaarte speel oor brand by Waterkloof

Die minister van verdediging, Thandi Modise, moet oop kaarte speel met die publiek wat betref die oorsaak van die brand gister by die brandstof-depot by die Waterkloof-lugmagbasis.

Sou die brand spontaan ontstaan het, beteken dit dat sekere veiligheidsmaatreëls nie nagekom is nie. Hierdie maatreëls is daar om te voorkom dat ’n brand spontaan kan ontstaan, veral by ’n depot met hoogs vlambare vliegtuigbrandstof.

Indien dit nie spontaan ontstaan het nie, dui dit, nieteenstaande ontkennings in dié verband, op sabotasie en dan kan gevra word wat aangaan in Suid-Afrika nadat ’n brand ook die parlement in puin gelê het. In hierdie geval was die veiligheidsmaatreëls duidelik ook nie in plek nie.

In beide gevalle is die vraag oor die sekuriteit ten opsigte van toegangsbeheer en instandhouding. Die nalating hiervan is aanduidend van sabotasie.

’n Spontane brand by Waterkloof sou daarom net so indringend soos sabotasie ondersoek moet word aangesien daar nie ’n brand kan ontstaan indien die nodige veiligheidsmaatreëls in plek is nie.

Die VF Plus sal in die parlement vrae oor die aangeleentheid vra om duidelikheid te kry oor die ontstaan van die brand.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.