fbpx
Vryheidsfront Plus

Kemptonpark weer sonder krag weens verouderde kragnetwerk

Die nalatenskap van die ANC-regering in die Ekurhuleni-metro skep wesenlike probleme vir die nuwe koalisieregering wat feitlik permanent met infrastruktuurprobleme worstel en inwoners gefrustreerd laat.

Talle gebiede in Kemptonpark is sedert Vrydag sonder krag weens ‘n fout aan die 66KV-netwerk tussen Spartan en Van Riebeeckpark. Woonbuurte wat geraak word, is Norkempark, Birchleigh, Glen Marais, Allen Grove, Aston Manor, Kemptonpark x4, dele van Pomona, Nimrodpark, Bonaeropark, Kemptonpark-Wes, Birch Acres, Van Riebeeckpark, Edleen en Terenure.

Die metroraad werk onverpoos om die netwerk te herstel en ‘n kabelverbinding word vanaf Kaapstad ingevlieg om die probleem op te los.

Intussen is inwoners omgekrap omdat hulle kos moes weggooi en inderhaas kragopwekkers moes leen of aankoop om noodsaaklike krag te voorsien.

Die Ekurhuleni-metroaad is ten spyte van die reuse uitdagings om dringende herstelwerk aan die kragnetwerk te doen, in die proses om die verouderde netwerk op te gradeer wat die voormalige ANC-regering in die metro nooit behoorlik onderhou het nie.

Die VF Plus, as deel van die koalisieregering, sal alles in sy vermoë doen om te verseker dat die kragtoevoer binnekort herstel word en dat onderhoud aan die verouderde kragnetwerk gedoen word.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.