fbpx
Vryheidsfront Plus

Seismiese opnames vir aardgas: Groen waterstof is beter langtermyn-keuse

Dieselfde redes oor waarom die hooggeregshof in Makanda beslis het dat seismiese opnames aan die Oos-Kaapse kus gestaak moet word, is geldig in die nuwe stryd teen opnames aan die Kaapse Wes- en Noordkus. Oorhoofs bly groen waterstof ook die beste keuse vir toekomstige kragvoorsiening.

Kort nadat die burgerlike samelewing 'n regstryd teen seismiese opnames aan die Oos-Kaapse kus gewen het, volg 'n soortgelyke stryd nou aan die Wes- en Noord-Kaapse kus.

Die doel van die opnames is om te bepaal of daar ontginbare voorrade aardgas onder die seebodem versteek is.

Die VF Plus erken die omgewingsvoordele van die verbranding van aardgas bo petroleumprodukte, maar staan by sy standpunt dat dit nie dwingend noodsaaklik is om nuwe bronne van dié hulpbron te vind nie.

Terwyl voldoende bronne vir die volgende dekades tans bekend is, behoort Suid-Afrika eerder die roete van groen waterstof te volg om in toekomstige behoeftes te voorsien.

Groen waterstof is wanneer waterstofgas met die gebruik van hernubare hulpbronne geproduseer word. 'n Projek van dié aard is juis by Boegoebaai in die Noord-Kaapse Richtersveld aan die gang, met 'n groot belegging van die energiereus Sasol.

Die Noord-Kaapse regering is by die vestiging van die nodige infrastruktuur betrokke, terwyl die Weskus ideaal geleë is om wind- en sonenergie vir die produksie van waterstofgas aan te wend.

Intussen word die aanwending van waterstofgas as brandstof deur Hydrogen SA (HySA) nagevors en in werking gestel. Suid-Afrika kan dus 'n wêreldleier op die gebied van die waterstofekonomie wees en sodoende die omgewingsrisiko's verbonde aan die ontginning van fossielbrandstowwe vermy.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.