Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Minister moet nou ingryp teen skoolboelies en swak dissipline in skole

Die jongste voorval waarin ‘n seun van dertien dood is nadat hy glo deur ‘n skoolboelie aangerand is, het opnuut die kollig laat val op hierdie probleem en die minister van basiese onderwys, Angie Motsheka, sal moet ingryp teen die groeiende gebrek aan dissipline in skole, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Adv. Alberts sê alhoewel navorsing oor die boelie-verskynsel toon dat sowat 70% van leerlinge daaroor swyg (Unisa se kollege van ekonomiese en bestuurswetenskappe), is dit hoofsaaklik aan sosiale media soos facebook te danke dat voorvalle al hoe meer in die kollig geplaas word.

Hy sê selfs die wêreldbekende Suid-Afrikaner Elon Musk (Paypal, SpaceX, Tesla) is so erg geboelie op skool dat hy in die hospitaal beland het, en dié onaangename herinneringe van sy skooljare in Suid-Afrika kan selfs 'n negatiewe invloed hê op sy siening om met sy geboorteland sake te doen.

“Kinders word egter nie net fisiek geboelie nie, en boelies is nie net seuns nie. Boelie kan op ‘n velerlei subtiele maniere plaasvind. Die letsels daarvan kan die slagoffer lank bybly en kan selfs lewenslange letsels laat.

“Dit gebeur baie dat sogenaamde ‘verloorders’ op skool later in hul lewens suksesvolle mense raak nieteenstaande hul emosionele en dalk selfs fisieke letsels.

“Die VF Plus se boodskap aan jong mense wat geboelie word, is om nie te huiwer om met 'n volwassene wat vertrou kan word, daaroor te praat nie.

“Moet nooit moed verloor nie, want daar is 'n nuwe en vol lewe wat wag na skool. Kry onmiddellik hulp en moenie toelaat dat die boelies jou persoonlikheid definieer nie. Elke mens is uniek en kan wonderlike dinge vermag,” sê adv. Alberts.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.