fbpx
Vryheidsfront Plus

Mense van Suid-Afrika nie waarlik vry onder ‘n magsugtige ANC-regering

Die VF Plus sal nie ophou om te wys op die ongeregtighede van swart ekonomiese bemagtiging (SEB) en regstellende aksie (RA) nie, want solank daar rasdiskriminerende wette bestaan, sal minderhede in Suid-Afrika nie waarlik vry wees nie.

Veral op die dag waarop vryheid in Suid-Afrika gevier word, is dit belangrik om opnuut daarvan kennis te neem dat nie alle mense ingevolge hul grondwetlike regte vryelik sake kan doen en hul potensiaal kan verwesenlik nie.

Die ANC-regering se pogings om die samelewing ten volle te beheer, blyk ook duidelik uit die pogings om nuwe gesondheidsregulasies in te stel ten spyte van die opheffing van die ramptoestand.

Dit is niks anders nie as ’n poging van regeringskant om mense deur dié regulasies in te perk en hul vryheid te beheer.

Dit behoort daarom geen verrassing te wees dat die publiek weerstandig raak teen die onderdrukking nie. Daar ontstaan ’n duidelike versugting onder die mense van Suid-Afrika om ontslae te raak van dié magsbehepte regering.

Dit blyk uit optrede soos vandag se ‘Bevry die Kaap’-optog in Kaapstad wat ’n duidelik boodskap aan die regering stuur dat mense van die Wes-Kaap wil wegbeweeg van die ANC.

Gemeenskappe wil meer seggenskap oor hul eie sake kry. Meer mag moet aan provinsies en munisipaliteite gegee word sodat die publiek self kan besluit hoe om hul belastinggeld effektief aan te wend.

Met die uitgebreide magte en streng sentrale beheer van die ANC is dit tans nie moontlik nie.

Die ‘Bevry die Kaap’-optog wys dat daar ’n groeiende besef en behoefte ontstaan om weg te breek van hierdie onderdrukking en ’n gevoel vir ’n onafhanklike Wes-Kaap het al sterk inklank begin vind.

Totdat dit nie gebeur nie, sal die mense van Suid-Afrika nie waarlik vry wees nie. Die ANC mislei die publiek deur voor te gee hy staan vir grondwetlike regte en vryheid vir almal.

Dit is nie waar nie en die publiek sal self moet optree om hul vryheid in hul eie hande te neem en ’n toekoms vir hulle en hul kinders te skep.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.