fbpx
Vryheidsfront Plus

Matlosana-munisipaliteit erken hy besoedel Vaalrivier

Die VF Plus verwelkom die feit dat die Matlosana-munisipaliteit erken dat hulle die Vaalrivier met riool besoedel. Hulle erkenning volg op die Vryheidsfront Plus se verklaring gister. Matlosana-munisipaliteit beweer egter dat die VF Plus se stelling onwaar is dat die rioolstelsel nie werk nie, en tog erken hulle dat daar probleme is weens swak instandhouding.

"Die Matlosana-munisipaliteit verklaar dat die besoedeling van die Vaalrivier nie opsetlik is nie, maar die rioolstelsel in Stilfontein werk weinig en daarom die storting in die Koekemoerspruit wat afloop na die Vaalrivier. Indien die rioolstelsel werk soos die Matlosana-munisipaliteit beweer, hoe kan besoedeling dan plaasvind? Die werklikheid is dat hierdie probleem al ‘n geruime tyd bestaan en na menigte waarskuwings en verslae word daar nie behoorlik begroot of aandag gegee aan die probleem nie. Die munisipaliteit het ‘n traak-my-nieagtige houding oor hierdie besoedeling wat onaanvaarbaar is," sê Michal Groenewald, die VF Plus-raadslid in Matlosana.

“Die probleem is egter nie slegs beperk tot Stilfontein nie, maar in Orkney en Jouberton uitbreiding 24 is dieselfde probleem. Die VF Plus kan nie die munisipaliteit se verskoning aanvaar nie, en sal steeds die klagte by die Groen Skerpioene aanmeld."

Rdl. Michal Groenewald
079 409 8342

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.