fbpx
Vryheidsfront Plus

Makhura se optrede oor die 94 psigiatriese sterftes is te laat

Die optrede van die Gautengse Premier, David Makhura, teen die departementshoof van die Gautengse Gesondheidsdepartement, Dr. Barney Selebano, is te laat en is die spreekwoordelike mostert na die maal.

Makhura het Selebano gister geskors oor die dood van die 94 psigiatriese pasiënte wat plaasgevind het by onwettige nie-regeringsorganisasies. Die direkteur vir geestesgesondheid, Dr. Makgabo Manamela het 48 uur gekry om aan Makhura te verduidelik waarom sy nie ook geskors moet word nie.

Die VF Plus se LPW in Gauteng, mnr Philip van Staden, het in reaksie op die gebeure gesê dat Makhura vroeër moes opgetree het teen die voormalige LUR, Qedani Mahlangu, asook teen die lede van die department wat by die gebeure betrokke was. Hy het Makhura daarvan beskuldig dat hy medepligtig is aan die dood van die 94 pasiënte en dat Makhura nou optree omrede hy opdrag gegee is deur die Gesondheidsombudsman om teen die partye op te tree.

“Makhura tree nie uit eie wil teen die departement en die betrokke lede op nie. Hy was gedwing deur die ombudsman om op te tree en wat Makhura nou doen is maar huiswerk ná skool om die onderwyser tevrede te stel. Sou Makhura uit eie wil opgetree het teen die voormalige LUR en die lede van die Departement kon hy nog sy geloofwaardigheid as Premier behou het, maar die jongste gebeure dui duidelik daarop dat Makhura nie geskik is om die amp van Premier te beklee nie en het hy al sy geloofwaardigheid by die mense van Gauteng finaal verloor”.

 

Tel: 0840154722 of 011-498 5477 / 012-772 4410

epos: Philip@vf.co.za / PvanStaden@gpl.gov.za

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.