fbpx
Vryheidsfront Plus

Limpopo-plaasmoorde: Gemeenskappe moet hulself organiseer en weerbaar maak

Die jongste plaasmoord op ‘n egpaar in Limpopo se Vhembe-distrik, is opnuut ‘n bewys dat landelike gemeenskappe betrokke moet raak by hul plaaslike veiligheidsgroepe om hulself te beveilig en weerbaar te maak teen aanvalle.

Mnr. Louis (71) en mev. Ina (65) Cloete, is gister op hul plaas in Levubu oorval, beroof en hul plaashuis aan die brand gesteek.

Die brutaliteit waarmee plaasaanvalle en -moorde gepaard gaan, dui daarop dat blote roof nie die motief is nie en hierdie tipe misdaad as prioriteitmisdaad verklaar moet word.

Die oomblik wanneer die politieke wil ontstaan om landelike gebiede te beveilig en behoorlike strafmaatreëls in plek stel, sal daar ‘n drastiese afname in plaasaanvalle en -moorde wees.

Daar word opnuut ‘n beroep op gemeenskappe gedoen om paraat en voorbereid te wees en om hulself binne die wet op elke wyse moontlik te beskerm.

Die VF Plus was reeds in gesprek met die plaaslike polisie en ander veiligheidsinstansies en sal alle moontlike druk uitoefen om toe te sien dat die moordenaars spoedig in hegtenis geneem en vervolg word.

Die VF Plus spreek sy innige simpatie uit met die familie van die oorledenes.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.