Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lesufi maak hom skuldig aan rasse-verdeling

Die VF Plus gaan ‘n klag indien by die Gautengse wetgewer se etiek- en reëlskomitee teen die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, wie se optrede en uitsprake strydig is met die gedragskode vir lede van ‘n wetgewer se uitvoerende komitee.

Die Gautengse premier, David Makhura, speaker, Lentheng Mekgwe en die komiteevoorsitters se onwilligheid om teen Lesufi op te tree, het die VF Plus genoop om tot die stap oor te gaan.

Die Grondwet bepaal dat elkeen die reg het om in openbare onderwysinstellings onderwys te ontvang in die amptelike taal of taal van eie keuse indien moontlik.

Lesufi se voortdurende blaamverskuiwing en rasse-retoriek misken die regte van alle Afrikaanssprekendes om onderrig te ontvang in hul moedertaal en om hul kultuur uit te leef soos deur die Grondwet gewaarborg.

Die VF Plus se dringende versoek aan die onderwyskomitee om meer skole te vestig wat gehalte-onderrig verskaf, is begroet met die VF Plus wil “ons” kinders uit “hulle” skole hou. Lesufi erken egter self dat die ANC faal om die nodige infrastruktuur in arm gemeenskappe te vestig om gehalte-onderrig te bied.

Die VF Plus hou Makhura ook aanspreeklik vir die onverantwoordelike uitsprake van ‘n lid van sy uitvoerende raad. Dis sy plig om toe te sien dat Lesufi die eed nakom wat hy afgelê het om sy pligte na die beste van sy vermoë uit te voer sonder vooroordeel teenoor sekere gemeenskappe.

Die VF Plus sal opstaan vir alle gemeenskappe se reg om sonder intimidasie en diskriminasie onderrig in die taal van hul keuse te ontvang.

 

Navrae: 071 604 9498

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Riaan van Heerden

Kirkwood: Van groen tot vervalle

Kirkwood, ʼn eens florerende en verwelkomende dorp, word deesdae geteister met diensleweringsprobleme wat inwoners warm onder die kraag het. Dié dorp, Addo en Paterson in

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.