Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Lesufi jaag moedswillig gemoedere op oor Afrikaans

Die omstrede LUR vir onderwys in Gauteng, Panyaza Lesufi, het vanoggend tydens ‘n mediakonferensie in Johannesburg oor ‘n tekort aan plek in skole, moedswillig die gemoedere oor Afrikaans opgejaag.

Lesufi het luidens EWN gesê slegs 6 800 van die 23 000 leerlinge wat onlangs nog nie plek gehad het vir 2019 nie, is steeds nie geplaas nie. Hy het gesê sy departement “probeer alles” en dat sommige skole omgeskakel is na dubbelmedium, maar dat daar skole is wat “slegs Afrikaans” is.

“We, unfortunately, have to tell 6 000 parents that we can’t place their children. We tried everything. We converted schools, there were schools that were only Afrikaans schools”. (EWN)
https://ewn.co.za/2018/11/01/over-6-000-learners-not-placed-in-school-for-2019-lesufi 

Die VF Plus is van mening dat dié opmerking moedswillig en kwaadwillig is en kan veroorsaak dat ouers van ongeplaaste kinders ‘n haat teen Afrikaanse skole kan ontwikkel waarvoor Lesufi die verantwoordelikheid sal moet aanvaar.

Sy opmerking is gevaarlik en kan tot gevolg hê dat mense weer na Afrikaanse skole kan stroom om te betoog en die skole van apartheid te beskuldig. Sy optrede kan selfs kinders se lewe in gevaar te stel.

Die LUR moes eerder tydens mediakonferensie gekonsentreer het op die verdere 21 094 leerlinge wat uit die onderwysdepartement se stelsel verwyder is omdat hulle nie die ‘tersaaklike dokumentasie’ ingedien het nie.

Hy moes eerder ‘n aanduiding gegee het waar en hoe hy gaan plan maak om hulle te akkommodeer eerder as om ‘n steek na Afrikaans te gee. Sodoende kon hy aan ouers van dié kinders hoop op ‘n positiewe uitkoms gegee het.

Die LUR probeer sy foute verbloem deur weereens Afrikaanse skole by die gesprek in te sleep om die aandag af te lei van die 21 094 leerlinge wat nog nie ‘n heenkome in 2019 het nie.

Die VF Plus slaan terug teen diskriminasie op grond van taal en sal voortgaan om te veg vir leerders se grondwetlike reg tot moedertaalonderrig.

Kontakbesonderhede: 060 556 4347

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.