fbpx
Vryheidsfront Plus

Ledeverklaring in parlement: ANC moet redes vir probleme, protes en geweld by homself soek

Die ANC soek nou oral na redes vir die geweld op die land se paaie en in stede, maar die antwoord is eenvoudig: Dit is die regering self wat die land se ekonomie vernietig en sodoende die probleme veroorsaak.

Die swak ekonomie het gelei tot werkloosheid en armoede wat natuurlik daartoe sal lei dat mense sal veg vir werk en ‘n inkomste en dat buitelanders in die proses as ‘n bedreiging beskou word. Dit veroorsaak xenofobie.

Die heersende situasie op paaie rondom Kaapstad, Pretoria en elders in die land is niks anders nie as anargie en ‘n minagting van wet en orde waardeur wetsgehoorsame burgers gyselaar gehou word.

Dit sluit aan by die situasie in Pretoria en Johannesburg waar brandstigting en ‘n geplunder grootskaalse verwoesting veroorsaak. In die Wes-Kaap moet die Weermag selfs help om orde te handhaaf.

Die ANC probeer nou vir almal die skuld gee vir die probleme. Van misdadige elemente en werkloosheid tot werkgewers wat buitelanders aanstel as goedkoop arbeid.

Die waarheid is dat al die probleme simptome is van ‘n siekte met die naam ANC wat besig is om Suid-Afrika te vernietig.

Kontaknommer: 072 428 6103

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.