Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Laat Koloane leuenverklikkertoets doen oor landing van Gupta-gaste op Waterkloof

“Die voormalige hoof van staatsprotokol, Bruce Koloane, is die persoon wat kan sê of pres. Zuma kennis gehad het en toestemming verleen het vir die landing van die Gupta-gaste op Waterkloof-lugmagbasis. Koloane het later ontken dat Zuma toestemming verleen het en verklaar dat hy (Koloane) destyds net Zuma se naam gebruik het.  Om te bepaal of dit die waarheid is moet Koloane aan ‘n leuenverklikkertoets onderwerp word,” sê dr. Pieter Groenewald, die Vryheidsfront Plus se hoofwoordvoerder oor verdediging.

“Dit is betekenisvol dat Koloane net gedemoveer is en nie ontslaan is nie. Die vraag is of hy net “geoffer” word vir Zuma en later groot beloon gaan word daarvoor. Volgens die nuutste getuies het Koloane dus vals inligting gegee om die landing te laat plaasvind. Dit is bedrog en Koloane moet dan aangekla word omdat  hy veroorsaak het dat ‘n militêre lugmagbasis, wat ‘n sekerheidsgebied is, ‘n ernstige sekerheidsbreuk gehad het,” sê Groenewald.

 

DR. PIETER GROENEWALD

Kontaknommer: 083 627 4397

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.