Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kragverbruikers in Emfuleni moet nou kragrekeninge direk aan Eskom betaal

Kragverbruikers in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit (Evaton, Sebokeng, Vaal Oewer, Vanderbijlpark, Vereeniging) sal vanaf vandeesmaand nie meer hul uitstaande kragrekeninge aan die munisipaliteit oorbetaal nie, maar direk aan Eskom.

Dit volg op ʼn hofuitspraak van Junie 2023 wat nou eindelik afgedwing word. Dit het Eskom as agent aangestel vir die invordering van kragrekeninge weens die munisipaliteit se wanbetaling aan die nasionale kragvoorsiener.

Emfuleni se skuld aan Eskom het reeds in 2022 ʼn astronomiese R5,9 miljard beloop waarna die munisipaliteit by Eskom om die skuldverligtingsprogram aansoek gedoen het. Die program word deur die nasionale tesourie (NT) gemonitor.

Die munisipaliteit kon nie die ooreenkoms nakom om sy historiese skuld af te betaal en sy huidige kragrekening op datum te hou nie waarna Eskom die voordeel teruggetrek het.

Eskom het verlede jaar begin om uitvoer te gee aan die hooggeregshof se bevel en sowat ʼn duisend ondernemings in Emfuleni is toe versoek om hul uitstaande kragrekeninge direk aan Eskom te betaal.

Die volle bevel is nou in werking gestel om ook huishoudings in te sluit.

Die VF Plus voorsien groot uitdagings met die oorbetaling van kragrekeninge aan Eskom aangesien inwoners net een rekening vanaf Emfuleni ontvang en inwoners nou self die berekeninge moet maak om die bedrae vir kragverbruik aan Eskom oor te betaal.

Probleme kan insluip indien die rekeningvaslegging nie betyds of akkuraat gedoen word nie. Dit kan daartoe lei dat huishoudings se krag afgesny word al is hul rekeninge ten volle of gedeeltelik vereffen.

As Emfuleni hom nie skuldig gemaak het aan wanbestuur nie en die munisipaliteit suksesvol bestuur het, sou verbruikers hierdie ongerief gespaar gewees het.

Inwoners word nou gestraf vir die ANC-regering se onbevoegdheid.

Die VF Plus sal met inwoners in verbinding bly om te help met enige probleme en wanneer die nuwe reëling faal, sal die munisipaliteit verantwoordelik gehou word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.