Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Kopanong-waterkrisis bewys premier verkeerd

Die waterkrisis wat Kopanong-plaaslike munisipaliteit, (Fauresmith, Edenburg, Philippolis, Reddersburg, Springfontein, Gariepdam, Jagersfontein en Bethulie) tans beleef bewys die premier Ace Magashule verkeerd, het Wouter Wessels, VF Plus-LPW in die Vrystaatse Wetgewer, gesê. Kopanong beleef tans 'n ernstige waterkrisis. Weens Kopanong se uitstaande skuld van R167 miljoen aan Bloemwater is die watertoevoer na die munisipaliteit se opgaardamme beperk.

Hierdie uitstaande skuld is grootliks as gevolg van enorme waterverlies wat voorkom weens vervalle infrastruktuur.

In die openingsrede het die premier gesê dat dit goed gaan met munisipaliteite in die Vrystaat en hoegenaamd nie melding gemaak van onder andere reuse waterverliese in al die Vrystaatse munisipaliteite of die bekamping daarvan nie.

Waterverliese as gevolg van swak infrastruktuur en swak onderhoud is nie beperk tot Kopanong nie, maar het onder andere R15 miljoen in die Moqhaka-munisipaliteit (Kroonstad, Viljoenskroon, Steynsrus, Vierfontein), R146 miljoen in die Mangaung-metro en nagenoeg R16 miljoen in die Masilonyana-munisipaliteit (Brandfort, Theunissen, Winburg) gedurende die 2015/2016 finansiële jaar beloop.

 

Kontakbesonderhede: 082 674 6670

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.