Die VF Plus in die Vrystaat het ‘n brief gerig aan die minister van polisie, Bheki Cele en die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, waarin hulle versoek word om dringend in te gryp by die toenemende probleem van kabeldiefstal in die provinsie.
Daar is verlede week op sowat een ton koperkabels by 'n skrootmetaalhandelaar in Bloemfontein beslag gelê. Die VF Plus wil die polisie gelukwens vir dié sukses, maar eis dat daar dringend ingegryp word om enige onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening weens kabeldiefstal te verhoed.
Dit is onaanvaarbaar dat daar eers aandag gegee word aan die probleem wanneer die kabels reeds gesteel is.
Dr. Elizabeth Snyman-van Deventer, VF Plus-raadslid in die Mangaung-metro-munisipaliteit, het die toenemende kabeldiefstal as bron van kommer uitgelig in ‘n verslag ter insae vir die regrukplan wat tans vir die metro opgestel word. Die metro en sy kragvoorsiener, Centlec, word toenemend as gevolg van dié kabeldiefstal verontrief.
Inwoners van Bronville in Matjhabeng word ook bykomend tot beurtkrag as gevolg van kabeldiefstal sonder elektrisiteit gelaat.
Ekonomiese groei in Suid-Afrika word gestrem deur voortslepende beurtkrag en inwoners van die Vrystaat kan nie verder benadeel word as gevolg van kriminele aktiwiteit nie. Groter polisie-teenwoordigheid en dringende ingryping word geëis om kabeldiefstal te voorkom.
Kontaknommer: 084 206 3375