Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Jongste plaasmoord in Mpumalanga: Premier moet grusame realiteit nou erken en optree

Mpumalanga is ‘n duidelike brandpunt wat plaasaanvalle aanbetref. In die jongste voorval is 'n 80-jarige boer, mnr. Hennie van der Walt, gister in Dwarsfontein naby Delmas vermoor. Dit was die vierde plaasmoord in ‘n baie kort tydsbestek in dié provinsie.

Mpumalanga beleef die afgelope maande ‘n ernstige toename in plaasaanvalle, met slagoffers wat hul lewe meestal op ‘n brutale wyse verloor het.

Die wyse waarop boere, plaaswerkers en hul families blootgestel word aan die ergste vorm van marteling, is onmenslik en mag nooit die norm word nie.

Mnr. van der Walt is die jongste slagoffer van die regering se onvermoë om sy landsburgers, minderheidsgroepe en verál boere te beskerm.

Die antwoord is voor die hand liggend: Die oomblik wat die politieke wil ontstaan om landelike gebiede te beveilig en behoorlike strafmaatreëls in plek te stel, sal daar ‘n drastiese afname in plaasaanvalle en -moorde wees.

Die provinsiale premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, se stilswye oor plaasmoorde stuur ‘n duidelike boodskap aan die landbou-gemeenskap dat hulle geminag word.

Die VF Plus het reeds 'n dringende vergadering met haar belê, om landelike beveiliging te bespreek.

Die VF Plus doen opnuut ‘n ernstige beroep op hierdie gemeenskappe om hulself te organiseer en weerbaar te maak.

Elke boer moet betrokke raak by sy gemeenskap se veiligheidsplanne. Baie lewens is al gered met bestaande stelsels en opleiding.

Radio-paniekstelsels, kommunikasiegroepe, kameras in en om huise, oorsig- en nommerplaatkameras in distrikte, honde binne huise, gemeenskapreaksiespanne en goeie kwaliteit heinings is ononderhandelbaar. Geen boer kan daarsonder nie.

Die VF Plus sal alle moontlike druk uitoefen om toe te sien dat die moordenaars in hegtenis geneem en vervolg word.

Die VF Plus eis spoedige en besliste optrede en geen borgtog wanneer die moordenaars gevang word nie.

Die party spreek sy innige simpatie uit met mnr. van der Walt se naasbestaandes.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.