fbpx
Vryheidsfront Plus

Johnson & Johnson: Gesondheidswerkers wat reeds ingeënt is moet gemonitor word

Met die VSA se gesondheidsowerhede wat die toediening van die Johnson & Johnson-entstof tydelik gestaak het weens ’n moontlike verband tussen die entstof en ‘n seldsame soort bloedklont en die Suid-Afrikaanse regering wat gister ‘n tydelike staking van die toediening van die entstof aangekondig het, is dit noodsaaklik dat die 292 000 gesondheidswerkers wat reeds ingeënt is, deeglik gemonitor word om vroegtydig op te tree indien dieselfde newe-effekte plaaslik opduik.

Die soort bloedklont wat in Amerika geïdentifiseer is, kom in die slagoffer se brein voor en gaan gepaard met ‘n gebrek aan bloedplaatjies wat baie gevaarlik is.

Die ouderdom van die pasiënte was tussen 18 en 48 jaar en simptome het begin wys 14 dae na inenting.

Die VF Plus neem kennis daarvan dat die SA Mediese Navorsingsraad die versekering gegee het dat daar onder gesondheidswerkers bitter min newe-effekte aangemeld is. Plaaslik het slegs 2.2% van die ingeënte persone newe-effekte ondervind.

Die VF Plus wil graag weet watter impak die tydelike staking van inentings op die nuwe entstof-program gaan hê wat die minister op 30 Maart 2021 aangekondig het en hoe lank dit vir wetenskaplikes gaan neem om vas te stel of Johnson & Johnson verder gebruik en toegedien kan word.

Die regering moet eerlik wees oor die aangeleentheid aangesien die Suid-Afrikaanse publiek moeg is vir teleurstellings en leuens.

Suid-Afrika het reeds te veel gesondheidswerkers weens Covid-19 verloor en daar moet groot sorg gedra word om enige verdere lewensverlies te voorkom.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.