Die VF Plus moedig inwoners van die Tshwane-metro aan om die konsepbegroting vir die 2024/25-finansiële jaar en die voorgestelde geïntegreerde ontwikkelingsplan (GOP) te bestudeer en insette te lewer om by te dra tot die vooruitgang van die metro.
As deel van die openbare deelnameproses het inwoners die geleentheid om vergaderings by te woon waartydens die begroting en die GOP behoorlik uiteengesit sal word.
Die vergaderings sal via die metro se amptelike kanale met inwoners gekommunikeer word.
Die VF Plus is in gesprek met sy koalisievennote om die beste vir die inwoners te verseker asook om die begroting op ʼn volhoubare wyse vorentoe te neem.
Die konsep-tariefverhogings is as volg:
• Eiendomsbelasting verhoog met 5% vir alle kategorieë
• Vullisverwydering verhoog met 5%
• Elektrisiteit verhoog met 12%
• Water verhoog met 5.9 %
• Sanitasie verhoog met 5.9%