Die infrastruktuur en dienslewering van die Merafong-stadsraad (Fochville, Carletonville, Khutsong, Welverdiend, Greenpark en Blybank) gaan so vinnig agteruit, dat inwoners in sommige gevalle deur rioolwater moet loop om by hul motors uit te kom.
Dié scenario het hom vanoggend vir die soveelste keer in Suidstraat, Careltonville, afgespeel toe riool in die strate en sypaadjies afgestroom het. In sekere gevalle het dit in mense se erwe ingevloei.
Die munisipaliteit kry telkens die situasie in bedwang, maar dit is van korte duur. Ná maande is die riool-pypstelsel tans weer verstop. Niks word gedoen om ou pype te vervang nie.
Indien die situasie voortduur, kan dit ‘n gesondheidsrisiko vir mens en dier inhou. Hierdie is beslis ‘n tydbom wat wag om te ontplof omdat die infrastruktuur in die dorp oud en uitgedien is. Die stadsraad wend geen poging aan om die situasie te probeer oplos nie.
Die tyd is hier om terug te slaan teen swak dienslewering en in 2019 vir die VF Plus te stem wat ‘n verskil kan maak. Dit is nou of nooit.
Kontaknommer: 082 671 2302