fbpx
Vryheidsfront Plus

Inperkingsmaatreëls diskrimineer teen kerke

Die Covid-19-inperkingsmaatreëls wat kerke verbied om dienste te hou, is diskriminerend aangesien sosiale afstand soos elders, ook in kerke gehandhaaf kan word.

Dieselfde maatreëls as wat vir sake-ondernemings en plekke soos casino’s geld waar aan bepaalde gesondheidsprotokolle voldoen moet word, kan ook op kerke van toepassing wees.

Kerke het dit in die verlede so gedoen en dit is daarom duidelik dat die totale verbod op kerkbyeenkomste irrasioneel is en teen kerke diskrimineer.

Hierdie onredelike maatreël van die ANC-regering en die betrokke minister, Nkosazana Dlamini-Zuma (minister van samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede) veroorsaak dat kerke in reeds moeilike ekonomiese omstandighede feitlik geen bron van inkomste het nie.

Dit het daartoe gelei dat ‘n organisasie soos Freedom of Religion SA hom na die hof moet wend en regskoste moet aangaan om die regering te dwing om billik en regverdig teenoor kerke op te tree.

Die organisasie sê dit is onregverdig dat plekke soos gimnasiums en restaurante oop mag wees terwyl ‘n totale verbod geld op plekke van aanbidding.

Die VF Plus stem hiermee saam en ondersteun enige poging wat kerke sal toelaat om met die nodige gesondheidsprotokolle hul dienste te kan hou. Dit is wel moontlik.

Die VF Plus sal ook binne die parlementêre portefeuljekomitees druk op die minister uitoefen om toe te sien dat die regulasies wat kerke raak, hersien word.

Veral in hierdie moeilike omstandighede waar mense groot beproewings ondervind, bestaan daar ‘n behoefte aan geestelike bystand en verryking. Die onbillike maatreëls maak dit nie moontlik nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Armand Cloete

Premier moet ingryp by Matjhabeng-waterkrisis

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse premier, Mxolisi Dukwana, moet ingryp by die voortslepende waterkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia,

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.