Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Hoër onderwys gekenmerk deur swak bestuur, onderdrukking van Afrikaans

(Begrotingsverslag in parlement: Hoër onderwys)

 

Hoër Onderwys is by uitstek die staatsdepartement wat jongmense vir die werksplek voorberei. Strydig met baie mense se verwagting, is dit uit 'n indiensnemingsoogpunt meer waardevol om graad nege met 'n tegniese kwalifikasie te hê, as matriek. Verder is gegradueerdes die een groep waar werkloosheid op hanteerbare vlakke is.

Om hierdie rede is dit jammer dat aspekte van hoër onderwys so swak bestuur word. Studentefinansiering deur NSFAS is in chaos en boonop, volgens die VF Plus, op 'n swak grondslag gebou. Finansiering behoort met 'n teenprestasie gepaard te gaan.

Afgesien van swak bestuur, is die VF Plus gekant teen die onderdrukking van Afrikaans soos deur hierdie departement toegepas.

Terwyl die VN se Internasionale Verbond oor Ekonomiese-, Sosiale- en Kulturele Regte bepaal dat alle volke die reg het om hulself ten volle kultureel te ontwikkel, beskou minister Blade Nzimande die gebruik van Afrikaans as ‘n blote hindernis tot toegang.

Op grond daarvan het hy hom selfs teen private Afrikaanse hoër onderwys uitgespreek.

Die VF Plus beskou hierdie departement as een van kulturele onderdrukking.

Kontaknommer: 074 166 5540

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.