fbpx
Vryheidsfront Plus

Hofbeslissing oor Afrikaans by US ‘n klap in die gesig van minderhede

Die beslissing van die hooggeregshof in Kaapstad om die Universiteit van Stellenbosch (US) se huidige taalbeleid te handhaaf, is ‘n klap in die gesig van alle Afrikaanssprekendes en minag die internasionaal erkende beginsel van minderheidsregte, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

Die hof het dit gedoen deur die veldtog Gelyke Kanse se aansoek om die US se taalbeleid te hersien, met koste van die hand te wys.

Adv. Alberts sê die hofuitspraak minag nie net internasionale voorskrifte nie, maar ook die Suid-Afrikaanse Grondwet wat minderhede se regte soos taal verskans.

“Artikel ses van die Grondwet gee duidelik erkenning aan veeltaligheid. Artikel 6(2) lui onder meer die staat moet ‘praktiese en daadwerklike maatreëls tref” om die status van al die land se tale te verhoog en hul gebruik te bevorder.

“Hierdie hofuitspraak trap ongelukkig op die letter en gees van die hierdie voorskrif in die Grondwet.

“Daar is sowat sewe miljoen Afrikaanssprekers in die land en in die Wes-Kaap is feitlik die helfte van die inwoners Afrikaanssprekend. Daar is vier universiteite in die provinsie, terwyl Afrikaans net by een op klein skaal gebruik word.

“Die ANC-regering en persone wat lou staan teenoor Afrikaans het gesamentlik daartoe meegehelp dat Afrikaans op instellings van hoër onderwys nou feitlik in totaliteit van die tafel gevee is.

“Daar kan met reg gevra word waar is Afrikaans volgende in die visier. Afrikaanssprekendes moet nou daadwerklik optree en die VF Plus se hand sterk aangesien die party die enigste is wat hom onbeskaamd vir die behoud van Afrikaans beywer,” sê adv. Alberts.

Kontaknommers: 082 391 3117 / 065 801 7216

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.