In terme van die Munisipale Finansiële Bestuurswet is elke munisipaliteit verplig om sy begroting jaarliks ter tafel te lê teen einde Maart en is dit die burgemeester se verantwoordelikheid om toe te sien dat die wet in hierdie opsig nagekom word.
Raadslid Maetu Kgaile, burgemeester van Matlosana, wat bestaan uit Klerksdorp, Orkney, Stilfontein en Hartbeesfontein, het nie haar verantwoordelikheid nagekom deur so ‘n begroting ter tafel te lê in die Matlosana-raad nie.
Artikel 16 lui voorts dat vir ‘n munisipaliteit om ‘n begroting te kan goedkeur, moet hy voldoen daaraan om 90 dae voor die aanvangs van die nuwe finansiële jaar op 1 Julie, so ‘n begroting ter tafel te lê.
Die VF Plus het ‘n skrywe gerig aan die LUR van plaaslike regering om in te gryp by die munisipaliteit in terme van artikel 139(4) van die Grondwet wat beteken die raad van Matlosana se plaaslike regering moet ontbind.
Daar moet gevolge wees vir ANC-besture wat wetgewing sien as ‘n blote riglyn en die burgemeester se aanhoudende verontagsaming van sy verantwoordelikhede kan nie langer geduld word nie.
Die VF Plus se lid in die wetgewer, mnr Hannes Schutte, sal daadwerklik hierdie verontagsaming in die wetgewer indra sodat alle munisipaliteite begin voldoen aan elk aspek van wetgewing, al blyk dit ook gering.
Kontaknommers: 079 409 8342