Die voorstelle vervat in die OVK se gedragskode vir die komende plaaslike verkiesing is prysenswaardig, maar die ware toets van die planne lê in die uitvoering daarvan, sê dr. Pieter Mulder, leier van die VF Plus.
Dr. Mulder sê dit is belangrik om op te tree teen partye of persone wat die kode verbreek, aangesien dit die potensiaal vir konflik kan hê met die aanloop toe die verkiesing.
“Daar is oorvloedige konflik-potensiaal in Suid-Afrika gegrond in verskille rondom geloof, etnisiteit, rykdom, ras en vele meer. Die geskiedenis het geleer dat net een vonkie ‘n groot vuur kan veroorsaak. Op die oomblik spat die vonke van rassisme in alle rigtings in Suid-Afrika.
“Een van die groot oorsake hiervan is veralgemening soos dat alle wittes rassiste is of dat alle swartes misdadig en korrup is. Veralgemening is altyd verkeerd omdat mense nie dieselfde is nie.
“Die VF Plus het ‘n bewese rekord van goeie gedrag rondom verkiesings, en ons gee die onderneming om dit gestand te doen. Ons vra daarom die OVK om streng op te tree teen diegene wat dit nie doen nie,” sê dr. Mulder.
Kontaknommers: 083 419 5403 / 082 674 6670