fbpx
Vryheidsfront Plus

Gautengse ANC-regering mislei publiek met vals aankondiging oor skrapping van e-tolstelsel om verkiesingsteun te wen

Die VF Plus veroordeel ten sterkste die misleidende uitsprake van die Gautengse LUR van vervoer, Jacob Mamobolo, wat tydens 'n onderhoud op 'n radiostasie die indruk geskep het dat die e-tolstelsel geskrap word.

Dit is nie waar nie en daarom is hierdie uitsprake bloot opportunistiese pogings van die Gautengse ANC om verlore steun te herwin. Dit is wel bekend dat die voortsetting van die e-tolstelsel veroorsaak dat die ANC steun bloei in Gauteng.

Die VF Plus is van mening dat die Gautengse ANC eerder sy energie moet gebruik om 'n formele dispuut te verklaar met die nasionale regering in dié verband as om vals ondernemings te gee dat die stelsel afgeskaf gaan word.

Die uitsprake dat die e-tolstelsel afgeskaf gaan word, is volgens die SAFM-joernalis, Stephen Grootes, aan hom gemaak tydens die oggendprogram Sunrise. Die joernalis haal die LUR aan in 'n Tweet waarvolgens hy gesê het dat e-tol iets van die verlede is, dat ons in 'n post e-tol-era leef en dat die stelsel besig is om geskrap te word. Die LUR het later volgens 'n berig in The Citizen aangedui dat sy woorde verdraai is.

Die VF Plus vind dit problematies dat die Gautengse ANC-regering oral standpunt inneem dat hy teen die e-tolstelsel is en die indruk skep dat e-tol geskrap gaan word, terwyl die nasionale regering 'n ander mening huldig.

Die minister van finansies, Tito Mboweni, het juis in sy begrotingtoespraak weer sy steun uitgespreek vir die 'gebruiker-betaal'-stelsel.

Dit is ook baie duidelik dat die nasionale regering voete sleep, aangesien die minister van vervoer, Fikile Mbalula, sy eie vorige sperdatum om 'n finale antwoord te verskaf oor die toekoms van die e-tol, gemis het.

Die VF Plus bly by sy standpunt dat die provinsiale regering op die stadium meer vordering sal maak met die kwessie indien 'n formele dispuut verklaar word met die nasionale regering in terme van die Interregeringsverhoudinge Raamwerkwet wat die grondslag sal lê om die nasionale regering hof toe te neem.

Indien die nasionale regering wel die e-tolstelsel skrap sal dit ‘n wonderlike oorwinning wees vir die padgebruikers in Gauteng.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.